Return to the talk Return to talk

Transcript

Select language

Translated by Christiaan Crafford
Reviewed by Ingrid Lezar

0:17 Ongeveer ’n jaar gelede, het ek myself gevra: "Inaggenome wat ek weet, hoekom is ek nie ’n vegetariër nie?" Ek is immers een van die groen ouens. Ek het in ’n houthut met hippie ouers grootgeword. Ek het ’n webtuiste genaamd Treehugger begin, ek gee om hieroor. Ek weet dat ’n enkele hamburger per dag my sterfrisiko met ’n derde kan vermeerder. Wreedheid: ek weet dat die 10 miljard diere wat ons elke jaar vir vleis teel, onder fabrieksomstandighede grootgemaak word wat ons, hipokrities genoeg, nooit sou oorweeg vir ons eie katte, honde en ander troeteldiere nie. Uit ’n omgewingsoogpunt veroorsaak vleis, verbasend genoeg, meer uitlaatgasse as alle vervoer saam, motors, treine, vliegtuie, busse, bote, alles saam. Beesvleis produksie gebruik 100 keer meer water as wat meeste groente vereis.

1:20 Ek het ook geweet ek is nie alleen nie. As ’n samelewing eet ons twee maal soveel vleis as wat ons het in die 1950’s. Wat op ’n tyd die klein, spesiale bykos was, is nou die hoofmaal en baie meer gereeld. So eintlik behoort enige van hierdie aspekte genoeg te wees om vegetaries te word. Steeds, was ek daar: tjk, tjk, tjk besig om te smul aan ’n lekker groot steak.

1:45 So waarom het ek gedraal? Ek het besef dat die opsie wat aan my gestel is 'n binêre oplossing is. Jy is óf 'n vleiseter, óf 'n vegetariër. En ek was seker net nie heeltemal gereed nie. Stel jou voor: jou laaste hamburger. (Gelag) So my logika, my goeie bedoelings, was in konflik met my smaaksintuig. Ek sou besluit om dit later te doen. En snaaks genoeg, het later nooit gekom nie. Klink dit bekend?

2:24 Ek wonder toe, is daar dalk ’n derde oplossing? Ek het daaroor gedink en met een voorendag gekom. Ek doen dit al die afgelope jaar, en dis fantasties. Ek noem dit: weeksdag groentjie. Die naam sê alles. Niks met ’n gesig nie, Maandag tot Vrydag. Oor die naweek, jou keuse. Eenvoudig. Sou jy dit verder wou vat, onthou die hoof sondebokke, in terme van omgewingskade en gesondheid, is rooi- en verwerkte vleis. So jy kan dit uitruil vir goeie, volhoubare vis. Dis gestruktureerd, so dis maklik om te onthou. En dis aanvaarbaar om nou-en-dan af te wyk. Vyf dae ’n week sny immers jou vleisinname met 70 persent.

3:13 Weeksdag groentjie het goed gewerk sover. My impak is kleiner, ek verminder besoedeling. Ek voel beter oor die diere. Ek spaar selfs geld. Beste van alles: ek's gesonder, ek weet ek gaan langer leef, en ek het selfs ’n bietjie gewig verloor.

3:32 Vra jouself dus af, vir jou gesondheid, vir jou beursie, vir die omgewing, vir die diere, wat verhoed jou om weeksdag groentjie te probeer? As ons almal helfte soveel vleis geëet het sou dit immers wees asof die helfte van ons vegetariërs was.

3:54 Dankie.

3:56 (applous)